20240626 - Gryskrag Logo Finaal_Groot

Floreer Met Fleur

Promoting Dignity Quality of Life & Social Security

Access GreyPower’s panel of experts for advice on financial and legal matters, choice of retirement resorts and other matters concerning older persons.

GrysKrag as ‘n nasionale vereniging.

GrysKrag is ‘n landwye nie-winsgewende organisasie wat in 1995 gestig is. Dit is ’n diens en liefdadigheidsvereniging vir persone van vyftig- jaar en ouer. GrysKrag gee advies en hulp met die beplanning van uitgawes volgens hul aftree-inkomste. Hulle word ook teen uitbuiting beskerm.


Gryskrag Interaksie Insprasie
:

Met ons vaardighede en ondervinding verenig ons en help ons die toekoms bou.


Doelstelling:

Die hoofdoel van GrysKrag is om senior persone te mobiliseer, organiseer en te aktiveer tot hul eie en ander persone in Suid[1]Afrika se voordeel. GrysKrag gebruik sy kollektiewe onderhandelingskrag om ‘n mondstuk, beskermer en verteenwoordiger vir sy lede te wees gedurende onderhandelinge met die owerhede. Verder beywer GrysKrag daarna om agentskappe reg oor die land te stig om sodoende meer mense te dien en die huishoudelike naam te word aangaande enige relevante inligting, sake, aktiwiteite en aksies vir ons lede en persone bo 50.

Gryskrag bied:

  • Maandelikse GrysKrag Interaksie-Inspirasie geleenthede vir lede in Gauteng oor ‘n wye reeks onderwerpe soos aftree-behuising, gesondheid, kultuursake, sport- en ontspanning, wêreldgebeure, ens. met kuierete daarna.
  • GrysKrag Tydskrif wat elektronies en kwartaalliks uitgegee word lede.
  • Waardevolle lede-voordele soos advies, dienste, spesiale tariewe en opleiding in samewerking met verskeie rolspelers soos: FINBOND, AVBOB, ATKV, PLUS 50 Tydskrif, Kind2Hearing, King Price, Capital Legacy, SA Noodhulpliga, PRETORIUM TRUST, ensovoorts.