DOELWITTE

Die hoofdoel van GrysKrag is om senior persone, tot hul eie voordeel, sowel as tot die voordeel van mede-Suid-Afrikaners te mobiliseer, organiseer en aktiveer.

GrysKrag gebruik sy kollektiewe bedingingsmag om ‘n mondstuk, verteenwoordiger en beskermer van seniors tydens onderhandelinge met owerhede, te wees.

Tax benefit: Section 18A certificate

Donations made to GreyPower qualify for a section 18A certificate which entails that individuals and/or companies that make donations to qualifying public benefit or non-profit organisations can receive a tax deduction for the value of their donation.

This is designed to encourage charitable giving and support for non-profit organisations such as GreyPower.

Aktiwiteite / Activities

  • Maandelikse GrysKrag Interaksie-Inspirasie geleenthede vir lede in Gauteng met besprekings ‘n wye reeks onderwerpe soos aftree-behuising, gesondheid, ekonomie, sport- en ontspanning, wêreldgebeure en politiek met kuierete daarna.
  • ’n Kwartaallikse GrysKrag Tydskrif wat elektronies versprei word aan lede. Meer
  • Waardevolle lede-voordele soos advies, dienste, spesiale tariewe en opleiding in samewerking met verskeie rolspelers soos: FINBOND, AVBOB, PLUS 50 Tydskrif, en PRETORIUM TRUST.

Aktiewe veroudering

GrysKrag beywer dit vir ‘n beter toekoms vir alle Suid-Afrikaners t.o.v ekonomiese stabiliteit, sosiale erkenning, gesondheid en emosionele welstand, geleentheid vir lewenslange leer en geestelike en kulturele ontwikkeling soos wat die jare aanstap. Hoewel elkeen se verouderingsproses verskil, poog GrysKrag om namens alle ouer persone in Suid-Afrika te pleit vir hul regte en welstand en sodoende ‘n stem vir senior persone in Suid Afrika te wees.

GrysKrag is toegewyd aan die uitskakeling van alle ouderdomsgebaseerde diskriminasie in die samelewing en die werkplek, bekamping van alle vorme van ouderdom-stereotipering en vooroordele. Die navorsing en projeksies oor ‘n verouderende wêreldbevolking dwing ons om oor veroudering in die werkplek te besin en die narratief tov die verander idee van aftrede as die einde van ’n loopbaan te verander. Die vooruitsig van ‘n langer lewe wag op almal en het implikasies vir formele indiensneming wat voortduur na ‘n verpligte aftrede-datum – veral in die Staat. Voorspraak vir werksgeleentheid vir ouer werknemers is deel van die bevordering van gelyke geleenthede en die benutting van waardevolle ervaring in die arbeidsmark. Deur die gesprek lewend te hou van hoe werkgeleenthede vir ouer persone geskep kan word, wil GrysKrag nie net seker maak dat waardevolle kennis en ervaring verlore gaan nie, maar ook die fokus plaas op ekonomiese welvaart en finansiële onafhanklikheid vir so lank as wat dit moontlik is vir senior persone.