20240626 - Gryskrag Logo Finaal_Groot

Floreer Met Fleur

About Greypower

SENIORS AFSLAG vir PERSONE OUER AS 60 JAAR

Hierdie lys dien as ’n algemene riglyn tov kleinhandelaars en ander instansies wat afslag vir persone ouer as 60 jaar bied. Bevestig altyd vooraf of daar spesifieke produkte is wat uitgesluit is en of daar ander voorwaardes tov die afslag geld deur vooraf navraag by die instansie se bestuur te doen. Instansies mag ’n bewys van identifikasie versoek om u ouderdom te bevestig.

INKOPIES: KRUIDENIERSWARE EN VOEDSELPRODUKTE

  • MAKRO
  • Kry ‘n mSeniorskaart en kry 10% afslag op algemene aankope en 5% op kosprodukte.
  • GAME
  • Kry 10% afslag, enige dag van die week vir aankope tot R3000.
  • FOOD LOVERS’ MARKET
  • Sommige winkels gee ’n seniorsafslag op ’n spesifieke dag van die week. Doen navraag by u naaste winkel om uit te vind wanneer dit is.
  • SPAR
  • Sommige winkels gee ’n seniorsafslag op ’n spesifieke dag van die week. Doen navraag by u naaste winkel om uit te vind wanneer dit is.
  • PICK N PAY
  • Sommige Pick n Pay winkels bied ‘n 5% of 10% afslag op ’n Woensdag vir seniors. Doen navraag by jou naaste winkel.

INKOPIES: ALGEMEEN

  • BUILDERS’ WAREHOUSE
  • Seniors kwalifiseer vir 10% afslag op Woensdae.
  • WINKELSENTRUMPARKERING
  • Sekere groot winkelsentrums soos Menlyn en die V&A winkelsentrums bied gratis parkering vir seniors, sekere dae van die week. Doen navraag by hul Inligtingstoonbanke vir ’n spesiale kaart.

GESONDHEID

  • CLICKS
  • Clicks Klubkaartlede kan ook by Clicks’ ClubCard Seniors program aansluit en dubbel punte verdien op ’n Woensdag
  • DISCHEM
  • Dischem se 60 Plus Program bied verskillende voordele, insluitend dubbel punte op aankope elke Woensdag (behalwe op voorskrifmedikasie); ’n gratis bloeddruktoets elke maand as u voorskrifmedikasie by Dischem Apteek afgehaal word; afslag op sekere salonbehandelinge en uitnodigings na die 60+ Pensioenaristee.
  • TORGA OPTICAL
  • Sekere pensionarisvoordele geld elke dag – doen navraag by u plaaslike tak.

ONTSPANNING

  • NU METRO
  • Afslag op kaartjiepryse vir senior persone, doen navraag oor watter dae dit beskikbaar is.
  • STER-KINEKOR
  • Sluit by die SK Club aan en kwalifiseer vir afslag op fliekkaartjies.
  • BARNYARD TEATER
  • Persone bo 60 kan 50% afslag kry op vertonings by sekere Barnyard Teaters op ’n Sondagmiddag. Om vir die afslag te kwalifiseer moet die teater direk gekontak word.

REIS EN VERBLYF

  • SANParks
  • Kwalifiseer vir tot 40% afslag op akkommodasie-tariewe by SANParks se parke. Die afslag is geldig vir sekere maande van die jaar en sluit naweke en langnaweke uit. Doen navraag by SANParke.
  • CapeNATURE
  • Senior persone kan tot 30% afslag kry op selfsorg en kampfasiliteite. Die afslag is nie geldig oor langnaweke en die Desember skoolvakansie nie.
  • TSOGO SUN
  • Spesiale aanbiedinge vir persone wat 65+ jaar oud is.
  • SOUTHERN SUN
  • Bied tot 50% afslag vir persone 60+ jaar by deelnemende hotelle.
  • Tafelbergkabelkarretjie
  • Spesiale kaartjieprys vir senior persone – spaar meer as 60% van die normale tarief.
  • SANBI Nasionale Tuine
  • Gratis toegang op Dinsdae vir senior persone, maar nie geldig vir openbare vakansiedae nie. Kontak u plaaslike nasionale tuin vooraf om seker te maak die aanbod geld daar.
  • HERTZ motorhuur
  • Gebruik die promosiekode 55PLUS om afslag te kry op motorhuur. Geldig vir persone 55+ jaar.
  • AA (Automobiel Assosiasie)
  • Afslag op lidmaatskap
  • TIGER WHEEL & TYRE
  • Kwalifiseer vir ’n seniors afslag op Dinsdae

MUNISIPALE TARIEWE

  • Pensionarisse kan aansoek doen vir ’n afslag op hul eiendomsbelasting deur navraag by hul plaaslike munisipaliteit te doen en die relevante dokumentasie daarvoor te voltooi en in te dien.

TELEVISIELISENSIES

  • Persone wat ’n SASSA toelaag ontvang of seniors ouer as 70 jaar kan aansoek doen vir ’n konsessie-lisensie van R74, ipv die normale televisielisensiefooi van R265 per jaar.

 

ALGEMENE OPMERKING

Ons nooi ons Gryskraglede uit om ’n epos te stuur aan skakel@gryskrag.co.za of ’n WhatsApp na 069 341 7355, indien u weet van plekke wat spesiale aanbiedinge vir senior persone bied.