GRYSKRAG IN BY DIE INLIGTINGSREGULEERDER IN SUID-AFRIKA GEREGISTREER EN HET ‘N OMSKREWE BELEID OOR PERSOONLIKE INLIGTING IN OOREENSTEMMING MET DIE WET OP DIE BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING, WET NR 4 VAN 2013.
GrysKrag se beleid oor die privaatheid van persoonlike inligting dek die verskillende aspekte wat aangespreek word in die genoemde wet en kom kortliks daarop neer dat die persoonlike inligting wat deur lede verstrek word, slegs vir doel waarvoor dit aanvanklik aangevra is, aangewend word. Enige ander aanwending sal slegs met die uitdruklike toestemming van die betrokke lid geskied.
Die inligting wat aan GrysKrag voorsien word, is daarop gerig om lidmaatskapsaangeleenthede te bedryf, om te probeer verseker dat slegs inligting wat vir lede van belang is aan hulle deurgestuur word en dat hulle die geleentheid gebied word om aan geleenthede en aktiwiteite deel te neem of hul kundigheid beskikbaar te stel vir sake waarin hulle ʼn belang het. Die aanwending van die inligting is dus daarop gemik die bes moontlike diens aan lede te lewer.
Vir die uitvoering van sy werksaamhede word deur GrysKrag ten nouste met verskeie sakeondernemings saamgewerk wat baie van die aktiwiteite en projekte wat onderneem word, borg en dit mag nodig wees om in die proses van samewerking van die persoonlike inligting aan hulle te openbaar, maar dit sal slegs gedoen word wanneer dit absoluut noodsaaklik is vir die aktiwiteit of projek; op voorwaarde dat die vertroulikheid daarvan gerespekteer word sal soos deur die voornoemde wet vereis; en dat dit nie andersins aangewend sal word nie.
Die inligting mag ook geopenbaar moet word wanneer dit ingevolge wetgewing gedoen moet word.
Lede het die reg om te versoek dat persoonlike inligting wat voorheen verstrek is, opdateer, gekorrigeer of vernietig word.
Indien daar enige navrae is, kan dit gerig word aan info@gryskrag.co.za of kan die volledige beleid besigtig word by Plus 50 se kantoor op die tweede vloer, The Hillside 318, Lynnwood.
P/a Sabrina Accountants
1st Floor Cotton SA Building
86 Watermeyer str
Val de Grace, 0184
+27 69 341 7355
(Office hours: 09:00-14:00)